KOMPETISIE: Skryf nou in en wen lekker

5 Gelukkige lesers kan elk 'n kopie van Touch of Class se splinternuwe album, 100 Duisend Perde wen.

Die eerste enkelsnit van die plaaslike duo Touch of Class se splinternuwe dubbel­al­bum 100 Duisend Perde, Ek steek my hand op, speel radiostasies regoor die land aan die brand.

Die eerste deel van die album bestaan uit 19 oorspronklike treffers terwyl die tweede deel 14 immergroen treffers het, soos Beautiful noise, Heart, Grassade, Have you ever seen the rain en Bed of roses, waaronder ook drie keurspelle.

Liriekgewys trap die album diep spore en die melodieë is soet en vleiend op die oor.

Geniet liedjies soos Jou glimlag, Sal jy my stem kan hoor, Liefdesbeker, Briefie in ‘n bottel en Sal ek jou ooit weer sien.

Daar is ook ‘n paar dieper liedjies soos Ou skool liefde en Heroes of yesterday, geskryf deur Elben Schutte.

WEN:

Vyf gelukkige lesers kan elk ‘n CD van Touch of Class se splinternuwe album, 100 Duisend Perde wen.

Skryf in gebruik die word ‘CLASS’ in die sleutelwoord blokkie.

Related Articles

Back to top button