Wen kaartjies na “Bonjour Monsieur Brel”

Staan 'na kans om kaartjies te wen.

In die nuwe verhoogprogram “Bonjour Monsieur Brel” word Jacques Brel se beeldryke tekste in vier tale gesing deur Jannie du Toit en begelei deur ’n musiekensemble uit die boonste rakke.

Jannie is dekades reeds ’n hoog aangeskrewe Brel-vertolker en ’n standhoudende eksponent van uitnemendheid in liedkuns, onder andere in Nederlands. Sy eerste vertolkings van Brel sing hy in 1988 in die produksie “Van Berlyn tot Bapsfontein” saam met Laurika Rauch en later ook in “De Kleine Man” en “Jannie en die Tannie” saam met Christa Steyn.

Veral twee Nederlandse Brel-liedere – Madeleine en Liefde van later –  vestig hom vroeg in die negentigerjare as Brel-vertolker, maar sy latere Franse weergawes van La Valse en Il Neige sur Liège kry ook hoë lof van kenners. Naòmi Morgan se Afrikaanse vertalings, wat uiters gunstig vergelyk met vertalings in ander tale, verteenwoordig ’n verrassende nuwe blik op Brel se tekste. Bekende treffers is natuurlik op die spyskaart, maar ook van sy meer onbekende, ewe briljante werk.

Met sy uiters geslaagde eenmanvertoning van woordkuns en musiek – Doep is nie dood nie – steeds op die planke, verwesenlik Jannie ’n jarelange ideaal om Brel ook in die genre van die eenman-literêre kabaret aan te bied.  Brel se geniale beeldende skryfwerk kom na vore en is soos die werke van klassieke komponiste en die wêreld se opera’s, helaas soos alle groot kuns, tydloos – dit sal vir baie lank nog weer nuut geïnterpreteer en beluister word. In hierdie program kom dit ewe sterk na vore in vier tale – ’n getuigskrif vir die ongeëwenaarde seggingskrag van die grootste chansonnier van die 20ste eeu.

KOMPETISIE:

Staan ‘n kans om een stel dubbel kaartjies te wen om “Bonjour Monsieur Brel” te sien by die Atterburyteater op 24 Mei 2016. Om vir die kompetisie in te skryf, vul gerus die inskrywingsvorm hieronder in en gebruik die word ‘BONJOUR’ in die sleutelwoord blokkie.

Exit mobile version