Nuwe TV-reeks verfilm in Centurion

KykNet TV-reeks, Hotel, begin verfilming in Clubview.

Die Kleinkaap-boetiekhotel in Clubview wemel van kameras, ligte en akteurs. Dié klein hotel is die stel vir KykNet  se nuwe TV-reeks Hotel.

Dit vertel die storie van die Fransen Hotel in die klein dorpie van Fransenburg in Mpumalanga. Eens die trotse baken van die dorp, kry die hotel nou skaars een uit vyf op Trip Advsior.

Die hotel word bestuur deur Ferdie Kruger (James Borthwick), wat moet sien kom klaar en saam met sy klein groepie personeel probeer om die substandaard-hotel se deure oop te hou.

Die hotel se eienaar sterf onverwags en so word die hotel deur die groot Lourier hotelgroep gekoop. Hulle stuur dan ’n jong konsultant, Thomas van As (Beer Adriaanse), om die Fransen weer op koers te kry.

Namate die storie vorder, bring Ferdie Danny (Schalk Bezuidenhout) in, ’n akteur wat maak asof hy ’n hoteljoggie is om die personeel ’n les te leer. Danny raak dan verlief op die mense en die hotel en bly aan.

Ander lede van die rolverdeling sluit in Oom Dirk, die faktotum (Graham Weir), Mnr van As, die eienaar van die Lourier hotelgroep (Hannes Muller), Joanie die ontvangsdame (Simoné Nortmann), Brenda, die hoof van bemarking en ekskursies (Martelize Kolver), Maggie die sjef (Sandi Schultz), en Melanie, wat in die hotel se restaurant werk (Mila Guy).

Gaskunstenaars wat in die reeks gesien kan word, sluit in Ivan Botha, Bobby en Karlien van Jaarsveld, en Karin van der Laag.

Nortmann, wat die rol van Joanie vertolk, woon in Lyttelton, skaars twee kilometer van die stel af.

Sy sê elke dag is pure pret.

“Dit voel amper verkeerd dat ek betaal word om soveel pret te hê,” sê sy laggend.

“Dis amper onwerklik om deel te wees van so ongelooflike produksie.”

Regisseurs en skrywers Stiaan Smith en Bennie Fouie sê die vertroue wat in die reeks geplaas is, is vir hulle ‘n eer.

“Dis ongelooflik om met so talentvolle groep te werk. Hulle is

sowaar die A- span,” sê Smith en Fourie.

“Ons is nou eers in die eerste week van produksie, maar dis wonderlik om ons idee te sien vlamvat en groei voor ons oë.”

Hotel gaan verfilm word in ’n styl soortgelyk aan Modern Family en Parks and Recreation.

“Ons gaan 13 episodes hê en ons is nog besig om alles te verfilm. Alhoewel dit nog vroeg is, sal ons beslis ’n tweede seisoen oorweeg as die eerste seisoen goed ontvang word deur kykers,” sê Smith en Fourie.

Hotel begin 11 Julie op KykNet om 20:30.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram.

  • We have exciting news! We’re offering a free alert to help you always be in the loop. Send an email with the word ‘Subscribe’ to breakingnews@rekord.co.za to receive your free daily breaking news update

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button