Touch of Class se jongste album uiteindelik hier

Wen kaartjies na Touch of Class se album-bekendstelling!

Aanhangers kan uitsien na ‘n splinternuwe Touch of Class dubbelalbum 100 Duisend Perde wat gedurende April die lig sal sien. Die eerste enkelsnit van hierdie album, Ek steek my hand op, sal ook binnekort landwyd op radiostasies gehoor word.

Die eerste deel van die album bestaan uit 19 oorspronklike treffers terwyl die tweede deel uit 14 immergroen treffers soos Beautiful noise, Heart, Grassade, Have you ever seen the Rain en Bed of roses, waaronder ook drie keurspelle bestaan.

Liriekgewys trap die album diep spore en die melodië is soet en vleiend op die oor. Luister gerus na liedjies soos Jou glimlag, Sal jy my stem kan hoor, Liefdesbeker, Briefie in ‘n bottel en Sal ek jou ooit weer sien.

Daar is ook ‘n paar dieper liedjies soos Ou skool liefde en Heroes of yesterday, geskryf deur Elben Schutte.

Die groep Touch of Class, met oorspronklike lede Deon van der Merwe en Ronell Erasmus, het in 1985 onstaan en was aanvanklik ook die begeleidende orkes vir Anneli van Rooyen, Manuel Escorcio en André Schwartz.

Hul album Ek en my meisie wat gedurende 1992 die lig gesien het, het goue status bereik met 25 000 verkope en voortgegaan om twee jaar later platinum status te bereik. Verskeie goue albums het gevolg en Ronelle en Deon het self ook as solokunstenaars verskeie albums uitgereik.

Na 23 jaar saam het Ronell gedurende 2011 besluit om haar egter slegs op haar geestelike loopbaan toe te spits en dit was toe dat Ruhan du Toit by Touch of Class aangesluit het. Hy en Deon het reeds 11 albums saam voltooi soos Koffiefontein, Groep 2, Nostalgie, Lotzsa Smokie, A Touch of Classic, Stukkie van der Merwe 1, Stukkie van der Merwe 2, Classic Rock Project, Dans in die Reën en die Salute the Legends-reeks met onder meer Demis Roussos, Joe Dolan en Gé Korsten.

KOMPETISIE:

Vyf gelukkige lesers kan elk met dubbelkaartjies na die albumbekendstelling op 30 April by die Weiveld wen.

Om in te skryf:

– ‘Like’ ons Facebook-blad.

– Vul die onderstaande inskrywingsvorm in en beantwoord die eenvoudige vraag: Wat is die album se naam?

Related Articles

Back to top button