Dis ek Anna die beste

Dis Ek Anna het behoorlike pryse gewen by die Saftas.

Dis ek Anna, die aangrypende rolprent oor die grootliks-taboe onderwerp van seksuele mishandeling, het skoonskip by die Safta-toekennings gemaak.

Die film, wat gedeeltelik die ware verhaal van Anchien Troskie se sekuele teistering deur

haar stiefpa uitbeeld, het die groot eer van die Beste Film van die Jaar ingepalm.

Sara Blecher het met die eer van die Beste Regiseur weggestap terwyl Marius Weyers die toekenning vir die beste akteur in ‘n onderstenende rol gewen het. Die film het ook toekennings vir die beste grimeering, produksie-ontwerp en draaiboek gekry.

“Ons is in agt kategorieë genomineer en het ses daarvan gewen,” sê trotse uitvoerende vervaardiger Salomé le Roux. Le Roux sê die doel van die verfilming van Troskie se verhaal was om bewusmaking van seksuele mishandeling aan die groot klok te hang en dat sulke top toekennings help om die boodskap selfs verder uit te dra.

Sy hoop dat die erkenning wat die film en die span vir hul harde en uitstekende werk gekry het, sal daartoe lei dat meer mense die rolprent sal wil sien en daar dus groter bewusmaking van dié sosiale euwel sal wees. Dis ek, Anna is gebaseer op die top verkoper boeke deur Troskie Dis ek Anna en Die Staat teen Anna Bruwer.

Die hoofrol van die volwasse Anna is deur Charlene Brouwer vertolk terwyl nuweling Izel Bezuidenhout die jong Anna uitbeeld.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button