Groot FM se Groot ontbyt stook opgewondenheid

KykNET en Grootfm se Groot Ontbyt aankondiging is behoorlik bekendgestel en gevier by die Atterburyteater in Pretoria Donderdagoggend.

Grootfm 90.5 se Groot Ontbyt-program word binnekort nog groter en Donderdagoggend is die nuwe konsep behoorlik by die Atterbury-teater in Pretoria gevier.

Nou kan luisteraars die klanke van die Groot Ontbyt in die motor geniet en kykNET-kykers by die huis word vermaak met ingeligte inspirasie vir elke werksdag.

Dit beteken ’n regstreekse uitsending, gelyktydig aangepas vir die unieke behoeftes van radio- en TV-gehore.

Mense in groot getalle het snoesig aangetrek by die teater opgedaag, na talle in die oggendspitsverkeer van Pretoria vasgevang was. Die oggend het reënerig begin, maar dit het nie die opgewondenheid gedemp nie.

Afrikaanse luisteraars en kykers kan uitsien na ’n program propvol nuus, leefstylwenke en natuurlik goeie musiek. Dit was die doel van die bekendstelling, wat ook smaaklike versnaperings vir die gaste gebied het.

Die ankeraanbieder is radio- en TV-persoonlikheid, Johrné van Huyssteen. Elsa Esterhuizen is aan die stuur van nuus- en aktuele-sake, Hendri Myburgh hanteer sosiale media, verkeer en leefstylonderhoude terwyl Rouchelle Liedemann gereeld rondkuier as Kaapse-korrespondent.

Die span sal op gereelde deur Riaan Grobler en Su-an Marais as mede-aanbieders bygestaan word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

Exit mobile version