Bobby ‘n pienkvoet ryker

Die sanger Bobby van Jaarsveld het Maandagoggend 'n babadogtertjie ryker geword.

Die geliefde Afrikaanse-sanger Bobby van Jaarsveld se babadogtertjie is Maandagoggend gebore.

Haar naam is Armani van Jaarsveld, en Bobby kon ontrent nie sy opgewondenheid op sosiale media intoom hou nie.

Toe die kleinding gebore is, het hy hierdie op Twitter met sy bykans 312 000 volgelinge gedeel.

Bobby wat op 6 Maart sy 29ste verjaarsdag gevier het, het klaar twee seuntjies Sion (4) en Leben (3) saam met sy vrou Annatjie.

Baie geluk aan die van Jaarsveld gesin met die gelukkige nuus.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button