As drome vlerke kry lok talle van regoor Gauteng

'n Aand vir lag en huil is Saterdag by die Atterburyteater gehou.

Atterburyteater in die ooste van Pretoria het Saterdagaand weer ’n lekker-lag-en-huil produksie aangebied.

Hierdie opvoering van Hennie Smit en Arina de Witt het oud en jonk wat van alle hoeke uit Gauteng gelok.

As drome vlerke kry gaan oor twee wêreldbekende vermaaklikheidskunstenaars wat in ’n aftree-oord die mooi van vervloë dae beleef.

Dis konserttyd by Huis Silwerjare en almal is in rep en roer om alles reg te kry vir die opvoering.

Arina de Witt speel Aria Von Waltzleben (alias Fanny Galore) boorling van Ariamsvlei, ster van die sestigerjare in Las Vegas.

Hennie Smit is Egbertus Wolmarans, boorling van die Swartland, onderwyser van Ariamsvlei, beroemde vermaaklikheidster en akteur wie se hartsnare nog al die jare vir Aria roer.

Huis Silwerjare se konsert kan dus nie sonder Aria en Egbertus gebeur nie.

“Hierdie stuk is spesiaal vir Hennie en Arina geskryf. Dit is ’n roerende toneel van oudword en steeds jou rol in die lewe te speel.  Ek is bevoorreg om met twee van die mees talentvolle akteurs en sangers in Suid-Afrika te werk,” sê Frans Swart regisseur van die produksie.

Die gehoor is getrakteer met ’n heerlike vertel-en-musiekteater-stuk. Baie het dit beskryf as ’n produksie wat jou laat lag met ’n traan.  Dit jou laat besef dat jy is, wie jy gebore is om te wees, wanneer jou drome vlerke kry.

Sien die gallery hier:

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram.

 

Exit mobile version