Pretoria se eerste melktertmark

Pretoria se eerste melktertfees was Saterdag in Capital Park gehou. Mense van orals het kom melktert proe en in die pret van die mark gedeel.

 

Saterdag 27 Februarie is nasionale melktertdag. Die Capital Park-gemeenskap in die Moot het besluit om die dag behoorlik te vier.

Moot-inwoners het Pretoria se eerste melktertfees in die vorm van ‘n mark aangebied.

Die mark is by die Coffee@Capital restaurant/kwekery gehou met ’n verskeidenheid lekkernye soos melkskommels, kolwyntjies, koffies, kuns en ’n biertuin vir die manne.

Een van die hoogtepunte was ’n melktert-kompetisie waar enigiemand sy of haar gunsteling melktert kon inskryf. Pryse ter waarde van R700 by Caked by Love was in die spel.

Dit het R25 gekos om ’n melktert vir die kompetisie in te skryf en al die geld word aan die Emily Hobhouse-ouetehuis geskenk.

“Ons is so bly. Dit lyk of mense van ons mark bewus raak en begin deelneem. Ek moet eerlik sê ek is verbaas oor hoeveel melkterte vir die kompetisie ingeskryf is,” sê organiseerder Emmarentia Kirsten.

Kirsten en drie ander beoordeelaars het die melkterte geproe om te besluit wie is die wenner sou wees.

Die wenner van die melktert-kompetisie word later Saterdag aangekondig.

Sien die gallery hier:

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

 

Related Articles

Back to top button