Met groot opgewondenheid het dosyne vroue in hul pajamas deur Brooklyn Mall geparadeer om sterre van die nuwe gewilde Afrikaanse romantiese komedie Vir altyd te ontmoet.
Die SPAR dames pajama-aand wat Maandagaand by Ster Kinekor aangebied is, was ’n aand van opwinding en welwillendheid. Die R25 000 wat ingesamel is, gaan aan die Hanna charity and empowerment foundation geskenk word.
Daar was ’n vlaag van pienk pajamas en pantoffels en gaste het ‘selfies’ saam met die rolprentsterre geneem. Die vroue is met ’n heerlike aarbei- of vanilla-melkdrankie en sjokolade-koekie verwelkom.
Jacaranda FM se Rian van Heerden het die vroue met ‘n paar grappies vermaak en pryse uitgedeel.
Die fliek het 20:00 begin en die vroue is elkeen aan die einde van die aand met ’n SPAR-geskenkpakkie verras.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.