Wen kaartjies na Manna vir die Boere konsert

Staan 'n kans om Manna vir die Boere te gaan kyk.

Met die onlangse droogte en min reën sukkel  boere om hul diere en landerye te onderhou. Baie van ons wil graag die boere help, maar weet nie altyd hoe nie.

Adam Tas gaan saam met sy musiekvriende konsert hou om fondse in te samel vir droogtehulp.

Boere sorg dat ons elke dag kos het, hulle wy hulle lewe aan die natuur en die grond, maar is ook uitgelewer aan die wette van die natuur. Hulle ervaar nou groot geldnood.

Met die Manna vir die Boere konsert kan elkeen wat ’n kaartjie koop direk bydra tot hulp vir dié boere. Fondse wat ingesamel word sal deur Caring Daisies bestuur en versprei word. Van die gewildste en grootste Afrikaanse sangers gee hulle tyd en talent gratis vir die konsert.

Adam Tas, Laurika Rauch, Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Kurt Darren, Jak de Priester, Corlea Botha, Jannie Moolman en  Joseph Clarke is van Suid Afrika se gunstelinge wat sal bydra tot die opwindende dag.

Meer inligting:

Plek: Atterburyteater, Pretoria

Datum: 20 Februarie 2016

Tyd: 15:00

KOMPETISIE:

Staan ‘n kans om kaartjies te wen na die Manna vir die Boere Konsert. Om vir die kompetisie in te skryf, vul gerus die aansoekvorm onder in en gebruik die woord ‘MANNA’ in die sleutelwoordblokkie.

Related Articles

Back to top button