Fotoveiling baat droogtefonds in Pretoria

Solidariteit het Donderdagoggend 'n fotoveiling ten bate van die TLU-droogtefonds gehou, en mense bewus gemaak van die ernstige droogtetoestand op Suid Afrikaanse plase.

Dit is algemeen bekend dat die El Niño-weerverskynsel ’n rol speel in die huidige droogte wat Suid-Afrika tans ondervind. Daarom het Solidariteit besluit om te help.

Solidariteit het verlede Donderdagoggend ’n fotoveiling by die Atterbury-teater gehou ten bate van die Transvaalse Landbou-unie (TLU) se droogtefonds. Nadat vier fotograwe die stowwerige paaie van ons land gaan verken het om die droogtekrisis vas te vang, is hul foto’s uitgestal en op die veiling verkoop.

Volgens die Verenigde Nasies (VN) het die invloed van El Niño sedert Maart 2015 toegeneem en groot verwoesting gesaai met droogtes in Afrika en vloede in die noordelike halfrond.

As gevolg van die droeë toestande regoor Suid-Afrika, is baie boere gevolglik geldelik in die knyp. As gevolg van ’n tekort aan rampprogramme is die landbousektor onder druk, met bykomende uitdagings om Suid-Afrika se stapelvoedsel te produseer. Gevolglik word verwag dat kospryse landwyd sal verhoog.

Die foto’s kan beskryf word as emosioneel, leeg maar indrukwekkend, vaal landerye met honger vee.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Related Articles

Back to top button