NRG spat uitmekaar

Die trio het aangekondig dat hulle nie langer as 'n groep sal optree nie.

Die musiekgroep NRG se dae is verby.

Die trio van Christian “Wolf” Botha, Abel “AB Kenobi” Knobel en Stephan “Stephanasties” van Huyssteen het aangekondig dat hulle nie langer as ‘n groep sal optree nie.

Bekend vir hulle energieke Elektro-Pop klank, was NRG sedert die groep se eerste vrystelling in 2011 ’n gewilde deel van die Suid-Afrikaanse musieklandskap.

’n Mens dink aan treffers soos “Mayday”, “Ek kan jou nie keer”, “Onvoorwaardelik” en “Roulette”, wat musiek-ranglyste landwyd aan die kook gehad het.

Hulle het by verskeie geleenthede gehore bekoor met lewendige optredes, onder meer Krone, KKNK, Innibos, Afrivisie en die Huisgenoot Tempo Toekennings.

Die groep ook benoem in ’n rits kategorieë by die Tempo- en Ghoema-musiektoekennings.

Die drie manne het onlangs besluit om halt te roep omdat hulle glo dat dit tyd is vir ’n nuwe hoofstuk.

“Ons het elkeen ook sterk talente op ander gebiede as sang – goed wat ons graag vir nou die tyd sal wil neem om verder te bemeester en bevorder,” sê hulle.

“Daarbenewens is elkeen van ons solo-kunstenaars in eie reg met baie uiteenlopende style, elk met hul eie mark en potensiaal, wat ons graag verder wil ontwikkel. Dit was ‘n fantastiese pad tot hier en waarvoor is ons onbeskryflik dankbaar, maar wat nou voorlê, is vir elkeen van ons selfs meer opwindend!”

Hulle moedig ondersteuners aan om hul individuele Facebook-blaaie dop te hou om op hoogte te bly van nuwe verwikkelinge.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button