Vir Altyd-akteurs maak binnekort ‘n draai naby jou

Wees reg om binnekort jou gunsteling Afrikaanse akteurs van die film Vir Altyd te ontmoet, as deel van die bekendstelling van die nuwe rolprent.

As vervaardigers, skrywers en akteurs van die suksesvolle film, Pad na jou Hart, het Ivan Botha en Donnalee Roberts weer kragte saamgespan.

Hul nuwe Afrikaanse romantiese avontuurrolprent Vir Altyd sal binnekort op die silwerdoek te sien wees.

Die rolprent begin in die Paarl, een van Suid-Afrika se mooiste dorpe. Dan neem die film kykers op avonture soos ’n vliegtuig na Mauritius, ook bekend as die eiland van die liefde.

Die storie gebeur grootliks by World Leisure Holidays en Sun Resorts se luukse vyfster Long Beach Golf and Spa Resort in Mauritius.

Fliekgangers kan saam met die akteurs van die film kuier op 19 Februarie by Kolonnade Ster Kinekor om 15:00 tot 20:00.

Hulle is daar om voorbrand vir die film te maak.

Die rolprent word op 12 Februarie 2016 landwyd deur Ster-Kinekor, Nu Metro en onafhanklike teaters uitgereik.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version