Kinders in ekstase oor Liewe Heksie se Pretoria-besoek

Kindertjies, mammas en pappas was vanoggend met groot opgewondenheid by die Atterburyteater om Liewe Heksie in lewende lywe te sien.

Kinders by die dosyne het vroeg-vroeg op ’n koel Saterdagoggend by Atterburyteater opgedaag om Liewe Heksie, Botterblom, Casper die tuindwergie en die nare gifappeltjies in aksie te sien.

Die kleingoed kon skaars hul opgewondenheid beteul toe hulle saam met mammas, pappas en oumas by die deure ingestroom het.

Die skepper van Liewe Heksie, Verna Vels, is verlede jaar oorlede en het kort voor haar dood ’n splinternuwe storie spesiaal vir Lefra-produksies geskryf.

Hoewel Lefra-produksies sedert 2009 met die suksesvolle Liewe Heksie-produksie toer, is daar nooit ’n tekort aan ondersteuning en opgewondenheid wanneer Liewe Heksie en haar kaboutermaats in Pretoria kom kuier nie.

Verna Vels het kort voor haar dood gesê, “Ek wou nog altyd gehad het dat Heksie ’n tuindwergie ontmoet.”

Daarom het sy ’n splinternuwe storie vir gehore geskryf genaamd, Liewe Heksie en die tuindwergie.

Dit is ’n nuwe storielyn wat nou eers in teaters ’n draai maak om die impak daarvan op gehore te toets.

Sien die gallery hier:

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ nabreakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

 

Related Articles

Back to top button