Afrikaanse liedjie in Nashville gehoor

Lianie May, Karlien van Jaarsveld en Anton Myburgh het vir die SuperXtar-kompetisie ingeskryf, maar dit was die sangeres Jennifer Zamudio wat tot die finaal deurgedring het en stof in al die A-lys sangers se oë geskop het.

Die sangeres Jennifer Zamudio het musiekstof in die oë van Lianie May en Karlien van Jaarsveld geskop met ’n plek as finalis in ’n internasionale sangkompetisie.

Hoewel die internasionale gehoor nie ’n snars Afrikaans verstaan nie, het Zamudio se liedjie Sê dit harder hulle so bekoor dat sy in Oktober vanjaar as een van 12 finaliste in Nashville gaan meeding vir ’n internasionale platekontrak en $100 000 (sowat R1.7 miljoen).

Sy gaan ook dié Afrikaanse liedjie in Nashville, waar groot sterre soos Jimi Hendrix en Pat Boon gebore is, sing. “Ek hoop regtig ek wen die kompetsie,” sê Zamudio.

Die publiek besluit wie die wenner gaan wees.

Die SuperXtar-kompetisie word weekliks aanlyn gehou en strek oor ’n jaar. Sangers van regoor die wêreld stuur hul musiekvideo’s in en aan die einde van die week dring die kunstenaar, wat daardie week die meeste stemme gekry het, deur na die maandelikse ronde.

Zamudio is as hierdie maand se wenner aangewys. Sy het bykans 800 meer stemme as die Amerikaanse aktrise en popsangeres Morgan Galavan gekry.

“Ek het nie eers van dié kompetisie geweet nie,” het Zamudio vertel. “Die uitvoerende beampte van SuperXtar, George Ruiz, het vir my ’n e-pos gestuur en gevra dat ek Sê dit harder se musiekvideo vir die kompetisie moet inskryf.”

Zamudio is heel nederig oor haar sukses. “Ek dink ek het sosiale media net beter ingespan en daarom meer stemme gekry.

“Ek het met ’n stem-veldtog op sosiale media begin en ook ’n nasionale radiostasie betrek om te help stemme werf.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button