Helpende Hand bring vreugde na Danville

Die span van Helpende Hand het voor Kersfees 'n dag gevat om die kinders van Laerskool Westerlig vreeslik te bederf.

Die Helpende Hand Cappuccino’s-tak in Pretoria het besluit om bietjie van hul vreugde met ander te deel net voor die feesseisoen begin het.

’n Groep behoeftige kinders van Laerskool Westerlig in Danville, is vir ’n dag van pret bederf op 19 Desember 2015, waarna hulle na die Nature Kids Kleuterskool, Grootfontein Country Estate geneem is.

Die tak het vir elke kind ’n spesiale geskenkpak vol geskenke opgemaak.

Daar was baie aktiwiteite vir die kinders om te doen, met waterglybane wat die kinders vir ure besig gehou het.

Die span by Nature Kids Kleuterskool het kos vir die kinders voorsien voor die geskenke met groot afwagting uitgedeel is.

“Dit was ’n ongelooflike dag, ons harte was warm omdat ons vir daardie kinders so groot ding kon doen. Ons is geseënd en bevoorreg om hul hartjies te kon bly maak. Dis so maklik om eintlik by gemeenskapsdiens betrokke te wees. Al wat dit vra is ’n paar uur van jou tyd. Dis so maklik om van jouself te gee deur ’n organisasie soos Solidariteit,” verduidelik Chairmaine De Wet en Hannelie Groenewald.

Vir meer inligting oor die werk wat die tak doen, of om betrokke te raak by die Cappuccino’s-tak, kontak Tani Grobler op 082 677 6100.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram.

  • We have exciting news! We’re offering a free alert to help you always be in the loop. Send an email with the word ‘Subscribe’ to breakingnews@rekord.co.za to receive your free daily breaking news update.

 

Related Articles

Back to top button