Jakaranda Liggiefees sukses

Die Jakaranda Kinderhuis Liggiefees 2015 was ’n reuse sukses danksy die belangstelling van meer as 60 000 feesgangers.

Of dit nou gereën het of die son vuurwarm op die nekke van feesgangers gebrand het, was daar steeds ’n klomp voete by die Jakaranda Kinderhuis Liggiefees 2015.

Christo Louw, projekbestuurder, bedank ongeveer 65 492 feesgangers wat 2015 se Liggiesfees ’n groot sukses gemaak het.

“Baie dankie vir elkeen van julle se bydrae tot die sukses van die fees. Ek is bly dat alles so goed afgeloop het en dat almal die fees geniet het,” skryf Louw in sy bedankingsbrief aan betrokke partye.

“Vir jou, jou gesin, jou span, jou maatskappy en organisasie se spesifieke bydrae wil ek in die besonder dankie sê. Elkeen het op sy eie manier ’n waardevolle bydrae tot die fenomenale sukses van die 2015 Liggiefees gemaak.”

Die fees groei elke jaar met meer liggies en meer belangstelling. Daar was sowat 5 000 mense meer as in 2014 wat die fees kon geniet het.

“Elkeen van julle het opofferings gemaak, en dit maak nie saak hoe klein of groot die bydrae was nie, ons kon dit slegs doen omdat jy betrokke was,” sê Louw.

“Namens die Jakaranda Kinderhuis, myself Christo Louw, die bemarkingspan (Ancha Smuts) en die Liggiefeeskomitee, wil ek net weer almal bedank.”

Feesgangers kan uitsien na nog ’n groter en beter Liggiefees in Desember 2016.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button