Top koek-plekke in Pretoria

Probeer hierdie vyf plekke in Pretoria vir die lekkerste gebakte happies.

Brew & Brunch Coffee Café

In die hartjie van die Moot, Pretoria, is daar ’n pragtige, outydse klein koffiewinkel wat ’n iets spesiaal bied, wafel-burgers.

Maar moenie van die koeke en terte vergeet nie. Geniet ’n koppie vars koffie en ’n snytjie tuisgemaakte koek in die koel winkel om jou Sondagmiddag af te sluit.

Vir meer inligting: 083 779 8082 of besoek hul Facebook-blad by Brew & Brunch Coffee Café (https://www.facebook.com/brewandbrunchcoffeecafe/info/?tab=overview).

Jam & Daisies

’n Sjarmante, plaas-geïnspireerde tuin wat rustig in die pragtige Nieuw Muckleneuk weggesteek is, is deesdae een van Pretoria se gunsteling koffiewinkels.

Dit is ideaal vir ’n Saterdagoggend gesinsontbyt of net ’n lekker koffietjie saam die dames.

Vir meer inligting: info@jamanddaisies.co.za of (012) 346 6692.

Afroboer

Afroboer is nie-tradisioneel, maar tog ook ’n mengsel van verskeie tradisies – alles bymekaar. A pragtige, stil klein restaurant met verskillende en nuwighede om te probeer.

Geniet Afroboer se koek of ’n koue drink-dingetjie soos heerlike vrugteskommels, wat vars gemaak word.

Vir meer inligting: Besoek die Afroboer Facebookblad by https://www.facebook.com/AfroBoer/timeline

Ginger and Fig

Ginger and Fig is ’n kunstige restaurantjie en koffiewinkel wat tuisgemaakte, preserveermiddel-vry, varsgebakte, organise kosse en koffie voorberei.

Dis ook baie maklik om te vind, tussen Brooklyn en Menlo Park in die ooste van Pretoria geleë.

Vir meer inligting besoek die Ginger and Fig Facebookblad (https://www.facebook.com/Gingerandfig?fref=ts) of skakel (012) 362 5926.

Blos Café

Blos Café het die afgelope paar jaar aansienlik gegroei. Dit het begin as ’n klein tuin-restaurantjie op Lynnwoodweg en het vinnig gegroei tot ’n groot, gewilde plekkie vir gesinne.

Geniet ’n snytjie koek en ’n geurige koffie.

Vir meer inligting besoek Blos Café se Facebookblad by (https://www.facebook.com/BlosCafe/timeline) of skakel 082 466 2857.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

Exit mobile version