Top parkies in Pretoria om met jou hond te besoek

As jy oor die Desembervakansie in Pretoria gaan wees, sal jy waarskynlik jou honde vir 'n draffie in een van hierdie parke wil neem.

1. Austin Roberts Bird Sanctuary

Die Austin Roberts Bird Sanctuary bied mense en hul diere ’n vreedsame plek om na ’n lang week te ontspan.

Dit is die perfekte piekniekplek vir gesinne of geliefdes saam met hul honde.

Adres: 156 Melk Straat, Nieuw Muckleneuk, Pretoria, 0181

Koste: Geen toegangsfooi

2. Faerie Glen Natuurreservaat

Geniet ’n dag saam met jou honde aan ’n leiband in hierdie pragtige natuurreservaat. Daar is ’n lekker koppie om te klim, ’n paadjie wat mens kan volg asook ’n pragtige rivier.

Die reservaat het wilde diere in die omtrek, en vereis egter dat alle troeteldiere te alle tye onder beheer van die eienaar is.

Adres: January Masilela Weg, Faerie Glen, Pretoria, 0040

Koste vir volwassenes is R5, Kinders geen toegangsfooi en pensionarisse R2.

Besoektye is 06:00 – 18:00

3. Hedianga-plaas

Hedianga-plaas het ’n uitsig oor die Bronberge, die Shere-kleinhoewes en Silver Lakes in die ooste van Pretoria.

Daar is ongeveer 12km oop grondpad om met honde te stap of te hardloop.

Adres: Op die hoek van Achillesstraat en Ajaxweg, Pretoria, 0081

Koste vir volwassenes is R15, Kinders R5, maar perde en honde het gratis toegang.

4. Rietondale Park

Rietondale Park is een van die grootste parke in Pretoria en word aktief gebruik vir sport aktiwiteite en natuurlik om met jou hond te stap.

Adres: Op die hoek van Soutpansberg Weg en Nuffieldstraat, Rietondale, Pretoria.

Koste: Geen toegangsfooi

5. Smutshuis-museum

Hier kan mens lekker met honde gaan stap en twee tot drie kilometer koppie uitklim wat agter die huis verrys. Van bo af is daar ’n uitsig oor die hele Centurion.

Honde is welkom met of sonder ’n leiband.

Adres: 23ste Straat, Irene, Pretoria 0062.

Koste: Geen toegangsfooi gedurende die week, net oor naweke.

6. Pierre van Ryneveld-natuurarea

Die Pierre van Ryneveld-natuurarea bied natuurlike, klipperige groen terrein waar honde baie welkom is om 1.8km te stap.

Besoektye: Somer (September tot April): 07:00 tot 18:00.

Winter (Mei tot Augustus): 07:00 tot 17:00.

Adres: Hertzogstraat, Pierre van Ryneveld.

Koste: Geen toegangsfooi

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button