Pret by Kersliggiefees

Pret en plesier by die jaar se Kersliggiefees.

Corlia Kruger

Daar was hope pret by die Jakaranda-kinderhuis se Kersliggiefees Dindsdagaand.

Duisende kleurvolle liggies het die donker verdryf en gesigte laat ophelder.

Die sesde agtereenvolgende liggiefees het vanjaar afgeskop met nog meer liggies en vermaak as die vorige jare.

Diegene wat nog nie by dié prag ‘n draai kon maak nie, sal bly wees om te hoor die fees duur tot einde van die jaar.

Die Kersliggiefees is oop vir die publiek van 1 tot 31 Desember, 19:00 tot 22:00 daagliks by 1 Talitha Kumistraat, East Lynne.

Jonk en oud word genooi om die fees te kom geniet. Toegang is R20 per persoon en R10 vir kinders jonger as ses jaar.

Daar is lekker musiek, goeie vermaak, talle bekende kunstenaars en heerlike kos te koop by vele stalletjies.

Die doel van die Kersliggiefees is om die ware boodskap van Kersfees oor te dra, nie net aan die kinders en inwoners van Jakaranda-kinderhuis nie, maar ook aan die publiek.

Geld word ook ingesamel om die kinderhuis se deure oop te hou. Die kinderhuis het jaarliks sowat R15 miljoen nodig om al sy verpligtinge uit te kom.

Donasies vir die kinderhuis is welkom in die vorm van kos, klere en skoolbenodighede.

Die fees se webtuiste is by www.jakarandaliggiefees.co.za.

‘n Lys van kunstenaars en aktiwiteite by die fees is op Facebook by www.facebook.com/liggiefees.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Related Articles

Back to top button