Die Drie Varkies hou Kersfees in Pretoria

Moenie die kindervertoning, Die Drie Varkies, by die Atterbury Teater in Desember misloop nie.

Die skreeusnaakse Afrikaanse musikale fantasie Die Drie Varkies gaan in Desember by die Atterbury Teater in Lynnwood Manor opgevoer word.

Dit beloof om kindertjies op die punt van hul stoele te hou met ‘n neurotiese mamma-vark en ’n sluwe jakkals wat dink hy is David Beckham.

Daar is ook ‘n dom wolf wat pragtig sing maar nie kan fietsry nie. Die drie moderne varkies het selfone en eet graag uit. Hulle kan ballet doen en beter sing as Taylor Swift.

Die Drie Varkies hou Kersfees in Pretoria, en almal word hartlik uitgenooi om te kom kyk hoe jakkals en wolf probeer om die varkies se Kersfees te bederf.

Hierdie produksie toer met ‘n vol stel flambojante kostuums en pruike, en daar is baie interaksie met die gehoor. Produksies vir 2016 is besig om uit hulle nate uit te bars soos feeste en teaters alreeds bespreek het.

Atterbury Teater vertoning:

– 16 Desember om 11:00

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Related Articles

Back to top button