Kaleidoskoop Kersmark ’n fees vir die oog

Kersmark-tyd is prêt-tyd! Vanjaar se Kersmark vind by Doxa Deo ouditorium plaas.

Daar is iets van alles by vanjaar se Kaleidoskoop kuns- en Kersmark.

Sowat 100 uitstallers het die week oorspronklike, handgemaakte tierlantyntjies gebring om op die Kersmark by Doxa Deo ouditorium (Noordkampus – Plot 291, Sefako Makgathorylaan) uit te stal.

Daar is iets vir jonk en oud. Vir diegene wat prakties is en dié wat die spreekwoordelike wit olifante soek. Soveel om van te kies en keur.

Die mark lok mense van regoor Pretoria en Centurion en Sarette vertel meer oor kunswerke en skildery wat uitgestal word.

Vriendelike gesigte en ’n warm atmosfeer wag by die Kaleidoskoop kuns- en Kersmark.

Die mark open om 09:00 elke oggend en is tot 7 November oop.

Vir enige navrae, skakel: 012-808-0820.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

Exit mobile version