Nuwe Afrikaanse misdaad-riller binnekort op die silwerdoek

Gek oor Afrikaanse flieks en misdaadfiksie? Dan is die splinternuwe rolprent Die Ontwaking, net die ding vir jou.

Sy is beeldskoon en ’n fors om mee rekening te hou in die plaaslike rolprentbedryf. Juanita de Villiers, bekend vir haar rolle in rolprente soos Knysna en Somer Son, en ons voorbladnooi vir Julie is een van die dae in nog ’n nuwe Afrikaanse fliek, Die Ontwaking, te sien.

Die donkerkop van La Montagne, speel die rol van Ella Nesser, ’n aantreklilke maar onervare moord-speurder. Sy is op die spoor van Abel Lotz (Gys de Villiers), die eienaar van ’n klein galery wat spesialiseer in Afrika-maskers en kuns. Abel is ook die kurator van ’n versameling tattoos wat hy van pragtige vroulike slagoffers kry as deel van sy Kosmiese joernaal.

Juanita de Villiers
Juanita de Villiers

Ella se taak is om die reeksmoordenaar op te spoor voordat nog ’n jong vrou vermoor word. Sy is in ’n vaste verhouding met Bam (Armand Aucamp) en terwyl sy probeer om haarself te bewys aan haar senior kollegas, Fred Lange (Gerard Rudolf) en Silas Sauls (Paul Eilers), hanteer sy ook haar eie uitdagings.

Abel is slim en vasbeslote om sy joernaal te voltooi. Vir sy opkomende vyftigste verjaarsdag het Abel ’n spesiale geskenk vir homself in gedagte… ’n nuwe gesig: dié van ’n pragtige jong vrou, miskien dalk dié van ’n jong vroulike speurder…

Dit is ’n grusame en aksiebelaaide misdaad-riller en verken die psige en motiverings van ’n reeksmoordenaar. Die fliek smokkel met jou kop en laat jou wonder wat in die kop van ‘n psigotiese reeksmoordenaar aangaan.

Paul
Paul Eilers

Die Ontwaking is ’n deel-produksie tussen The Showroom Theatre, Advantage Entertainment en Enigma Pictures en wenner van die Beste rolprent-toekenning by die 2015 Indie Karoo Filmfees. Dit is die debuut vollengte fliek van regisseur Johnny Breedt (Paljas, Hotel Rwanda, A Long Walk to Freedom) en is daarvoor geloof dat dit grense vir plaaslike rolprente verbreed. Die fliek is gegrond op die eerste boek van ’n trilogie deur die bekroonde skrywer, Chris Karsten.

Die rolprent is gekies om by die openingsaand van die Eden Independent Film Festival in George te draai (30 Oktober tot 1 November) asook tydens die afsluiting van die SA Horror Fest (6 November).

Vir meer oor Die Ontwaking volg Facebook, Twitter en Instagram.

Die Ontwaking is in die Kaap vervaardig en open op 26 Februarie 2016 in geselekteerde teaters landwyd. Verspreiding: Indigenous Film Distribution.

10356269_1485490105069597_7890717381685372091_n

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button