Sarie Marais soos jy dit nog nooit gehoor het nie

Sy musiek speel gereeld op radiostasies regoor die land en nou is Len Muller terug met nog 'n splinternuwe treffer ... die bekende Sarie Marais soos jy dit nog nooit gehoor het nie.

Len Muller se debuut album Doodgewone Avontuur is vroeg in 2015 uitgereik en met liedjies soos “Smag na jou” en “Iets om in te glo”  kan aanhangers net nie genoeg van dié veelsydige kunstenaar kry nie.

Sy musiek speel gereeld op radiostasies regoor die land en nou is die sanger terug met ‘n splinternuwe liedjie … al is dit nie heeltemal so nuut nie.

Vir Sarie Marais span Len kragte saam met die gewilde Stef Bos en gee dié bekende liedjie ‘n heel nuwe baadjie. Stef het ook ‘n nuwe vers vir die ou gunsteling geskryf.

“Van kleins het ek en my boetie gereeld na Jim Reeves se plate geluister op die plaas. So het ons die lied ‘Sarie Marais’ leer ken en gereeld saamgesing. Dit was eers later toe ek my eie liedjies begin skryf het dat ek my eie verwerking wou doen vir die liedjie. Die groot rede hieragter  is dat ek nog altyd voel die storie en lirieke van die lied praat van meer emosie as wat die traditionele melodie kommunikeer. Daarom het ek ook vir Stef Bos gekontak en gevra of hy saam met my sou werk aan die lied. Ek is al lank ‘n aanhanger van sy musiek omdat dit soveel emosie dra. Dit was ‘n droom wat waar geword het toe hy instem om saam met my te werk en toe sommer ‘n pragtige vers bygeskryf het vir die lied,” verduidelik Len.

Vir meer oor Len Muller besoek sy webtuiste www.lenmuller.co.za of volg hom op Facebook en Twitter.

Loer hier na die musiekvideo vir Sarie Marais.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button