Waverley kry sy eie mark

Binnekort kry Waverley sy eie kos en leefstykmark. Moet dit nie misloop nie.

Waverley in die Pretoria Moot-omgewing kan van 7 November met sy eie kos- en leefstylmark spog.

Die mark sal elke eerste Saterdag van elke maand behalwe Januarie plaasvind en begin om 08:30 tot 13:30.

Geregte op die lys is tradisionele gunstelinge soos pannekoek en vetkoeke waarop jy ‘n ontbyt kan bestel tot fynproewersdisse soos macaroons, quiches en dekadente koek.

Drinkgoed sluit gemmerbier, vrugtestrope en spesialiteitskoffies en -tee in.

Leefstyl-items waarvan markgangers kan kies, is interieurprodukte, skilderye, geskenke, ontwerperskaartjies, modieuse klere en bykomstighede.

Piekniekkomberse en mandjies sal ook beskikbaar wees om van die disse onder koeltebome te geniet.

Die park tussen Eve- en Bloedrivierstraat in Moultonlaan sal gebruik word en is ideaal vir hierdie nuwe omgewingsinspuiting.

Moet nie Waverley se Mark in die Park misloop nie.

Vir inligting kontak Ria Steinmann by 083-415-3153 na-ure of riamsteinmann@gmail.com

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Related Articles

Back to top button