Treurgrond nou in Duits ….

Is die rolprent Treurgrond goed genoeg vir 'n Duitse rolprentfees? 'n Groepie Duitsers gaan volgende week Woensdag by die Mall @ Redds in Centurion na die rolprent - kompleet met Duitse onderskrifte kyk - en dan self besluit. Jy kan ook deel wees van die eksklusiewe aand. Phoenix Films gee twee dubbelkaartjies na die geleentheid weg.

‘n Groepie Suid-Triolers, dit is ‘n groep Duitsers wat hulself na die Eerste Wêreldoorlog in Italië gevestig is, is nou so gaande oor die Afrikaanse rolprent Treurgond dat hulle dit na ‘n filmfees in Suid-Tirool wil neem.

Dirk Hermann, die uitvoerende adjunkhoof van Solidariteit, het vroeër vanjaar Suid-Triool besoek om te verstaan hoe die klein Duitse-gemeenskap (sowat 600 000) in die hartjie van Italië dit kon regkry om hulle Duitse taal en kultuur uit te leef sonder inmenging deur die Italiaanse regering.

Hy het hulle toe vertel van Treurgrond, die omstrede Afrikaanse rolprent waarin plaasmoorde nie in ‘n rooskleurige lig gebaai word nie, en hulle het besluit om al die pad na Suid-Afrika te kom en self na die rolprent te kyk.

Volgens Hermann was daar nog altyd ‘n besondere kulturele band tussen Afrikaners en Duitsers. “Die behoefte aan Duitse onderskrifte het egter in die Duitssprekende provinsie van Italië, Suid-Tirool ontstaan.”

“Daar is ‘n lang geskiedkundige band tussen die Suid-Tirolers en Afrikaners. Dit het begin toe ‘n groep Suid-Tirolers in die Anglo Boereoorlog aan die kant van die Boere kom veg het. Die guns is terugbetaal na die Tweede Wêreldoorlog toe Jan Smuts meer magte vir die Suid-Tirolers in Italië beding het.”

Andre Frauenstein, die vervaardiger van Treurgrond, sê hulle het die rolprent se onderskrifte in Duits vertaal.

“Ons het die vertaling deur n vertalingsmaatskappy gedoen. ‘n Groep Afrikaanssprekende Duitsers het na die rolprent gekyk en gesorg dat die lipsinchronisasie korrek is.”

“ Ons hou ook ‘n eksklusiewe premiere van die rolprent in Centurion waar die Suid-Triolers en ook ‘n paar van die akteurs, wat in die rolprent speel, dit gaan bywoon. Hulle (die Suid-Triolers) sal dan besluit of die rolprent goed genoeg is om om na die filmfees in Bozen te neem.”

Hermann glo dat dié rolprent byval by alle kultuur- en taalgroepe sal vind.

“Geweld en seer van mense ken nie landsgrense nie. Ons wil hê mense dwarsoor die wêreld in verskillende tale moet saam treur oor die geweld op ons plase.”

– Twee gelukkige paartjies kan kaartjies na die eksklusiewe premiere wat volgende Woensdag (14 Oktober) by Mall@Redds se CineCentre in Rooihuiskraalweg in Centurion gehou word, wen.

Stuur jou naam en kontakbesonderhede aan editorial@rekord.co.za vir aandag Yolanda. Die eerste twee persone wat ‘n e-pos stuur kan die kaartjies wen.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Related Articles

Back to top button