Dozi ‘runnik’ in Centurion

Dozi het onlangs sy ondersteuners by La Fayette by die Centurion Mall vermaak.

“‘n Ou het my eendag voorgekeer en gesê: ‘Hallo, ou Ryperd’. Toe het ek maar gerunnik, want my naam is Dozi en nie ou Ryperd nie.”

So het die Zoeloe-sanger onder luide gelag verlede week vir ongeveer 150 Centurioniete vertel wat sy intieme konsert by La Fayette by die Centurion Mall bygewoon het.

“Ek het ander treffers ook gehad, maar almal wil ou Ryperd hoor.”

En toe trek hy los met sy grootste treffer en sy ondersteuners het sommer gerunnik van pure plesier…

Dozi, wat in die Hartbeespoort-omgewing bly, sê hy geniet dit baie meer om voor ‘n kleiner gehoor op te tree en verkies om nie meer by kunstefeeste te sing nie.

Op 51 het hy al ‘n hele paar CD’s agter sy naam en ‘n hele paar skandale wat oor die jare heen oor hom uitgeruk is.

Hieroor het hy aan sy ondersteuners gesê: “Ek het al baie nonsens aangejaag, maar ek jok nooit oor iets nie. Ek is ek en wat julle in die media lees (en daar het die gehoor weer geskater) is nie altyd alles waar nie.”

Daan Botha, van Centurion, se hy is een van Dozi se grootse ondersteuners en volg hom van vertoning na vertoning. “Hy is ‘n lekker ou.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button