Skud jou vere reg vir die Lente Makiti

Die fees skop op Vrydag 11 September af met 'n ‘n “een-vrou” vertoning deur die bekende Lizz Meiring en vervolg Saterdag met ‘n lewendige rugby uitsending op die groot skerm sowel as boeresport en vermaak vir jonk en oud.

Die winter it so te sê verby en om die lente te vier, word ‘n baie spesiale opskop gehou.

Die Lente Makiti op 11 en 12 September by Laerskool Wierdapark gehou en beloof pret en vermaak vir die hele gesin. Dwaal rond tussen die sowat 145 stalletjies of smul aan die heerlike disse beskikbaar by die ‘koskraal’.

Aanhangers kan ook uitsien na optredes deur onder andere Willem Botha, Monique, Ampie en Leah.

Die fees skop op Vrydag 11 September af met ‘n ‘n “een-vrou” vertoning deur die bekende Lizz Meiring en vervolg Saterdag met ‘n lewendige rugby uitsending op die groot skerm sowel as boeresport, optredes en vermaak vir jonk en oud.

Kaartjies beloop R 50 deurgaans en kinders onder die ouderdom van 3 jaar kry gratis toegang.

Vir meer inligting besoek www.lentemakiti.co.za.

WEN!
Gelukkige Rekord lesers kan elk dubbel kaartjies na die Lente Makiti op 11 en 12 September by Laerskool Wierdapark wen. Antwoord net die volgende vraag: By watter skool in Pretoria word die fees aangebeid?

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version