Wen kaartjies na Chris Chameleon by Atterburyteater

Moenie die fantastiese kans misloop nie.

Met ‘Drie Vriende’ kry gehore ‘n besondere kykie na die wye verskeidenheid gedaantes van Chris Chameleon, Suid-Afrika se geliefde verkleurmannetjie.

Buiten sy eie, buitengewone aanbieding van musiek en fassinerende verhale, verskyn die vlamwarm jong digter Daniella Deysel saam met Chris Chameleon om sy 2014 album bekendstelling ‘Posduif’, ‘n versameling van sy toonsettings van Deysel se aangrypende werk, te vertolk.

Die derde been van ‘Drie Vriende’ is die partytjie opskop doef-doef skollie Sarel Fourie wat ook sy verskyning maak om gehore by ‘Drie Vriende’ te trakteer in ‘n produksie wat n wye verskeidenheid van humor, erns, sielsmusiek en loslittige vermaak waarborg!

Chris Chameleon tree Vrydagaand, 7 Augustus 2015 om 20:00 op by die Atterburyteater in Lynnwoodweg.

KOMPETISIE:

Rekord het twee dubbel kaartjies om weg te gee.

Vir jou kans om Chris Chameleon in lewende lywe by die Atterburyteater te sien, SMS die woord CHRIS, saam met jou naam en van na 42282. Kompetisie sluit 5 Augustus om 00:00. SMSe kos R1.50. Gratis SMSe is nie van toepassing.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Related Articles

Back to top button