Jak de Priester vir die derde keer pa

Die bekende Afrikaanse sanger is nog 'n kind ryker.

Gelukwensinge stroom in na die geboorte van Pretorianer Jak de Priester en sy vrou Michelle se derde kind.

“#Hiergaanons! 3de keer..laaste keer #lifeisbeautiful#welkom Mika #it s a boy#liefde,” het De Priester opgewonde voor sy jongste gebore is uit die hospitaal getwiet.

“Jamie en Mija is baie in hul skik met hul nuwe boetie…Mika! # groot gesin #truelove,” het die trotse pa dié nuus van die geboorte met sy aanhangers op sosiale netwerke gedeel. Hy het selfs gespot dat hy nou ‘n sewe-sitplek bussie sal moet koop om sy kroos te kan rondry.

Die gesin se bekende vriende het gou na die aankondiging boodskappe laat instroom.

“Baie geluk aan jou en Michelle met Mika se geboorte, @JakDePriester. Ek kan nie glo “flaminkie” is al met ons nie,” het Rozanne McKenzie getwiet.

“Veels geluk @JakDePriester met die geboorte van Mika. Baie liefde vir julle gesin,” het Dowwe Dolla van haar laat hoor.

Lees ook: 

Nagklub doef-doef voort – inwoners radeloos oor harde musiek

Hou God in skole fietstoer sluit af

Uit die mond van ‘n suigeling word nuwe sterre gebore

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Related Articles

Back to top button