Sangers en musikante rou oor Fredi Nest

Die oorlede sanger se Facebookblad is oorstroom met boodskappe van rou deur ander bekendes.

Musikante en sangers het die afgelope naweek Fredi Nest se Facebookblad belaai met boodskappe van rou, na die sanger se dood verlede Vrydag.

Elizma Theron het geskryf: “Daar is vandag baie harte wat huil… rus in vrede kollega, vriend, familieman, talentvolle sanger en liedjieskrywer. Jou teenwoordigheid gaan ons so bitter baie mis, maar die woorde wat uit jou pen geloop het en die note van jou stem wat jy agterlaat, gaan nog lank op hierdie aarde weergalm. Dankie dat ek jou kon ken, dit was ‘n voorreg. Rus sag.

Sunette Bridges se boodskap was ‘n gedig: “In die middel van jou laaste melodie, net voor die einde van die harmonie, gee ek vir jou my hand, en lei jou na die land, waar daar vir altyd vrede is, word jou vreugdesvure nooit geblus, waar engele jou dra, sonder om ‘n prys te vra…”

Die sangeres Angel se boodskap aan Nest was emosioneel: “Woorde kan nie beskryf die hartseer wat ons vandag voel nie, die musiekbedryf het ‘n groot leemte van nou af en vir altyd! Ek wil vir jou sê dankie dat jy soveel liefde, wysheid, geluk en vele meer in ons elkeen se lewe gebring het, dit is onvervangbaar…”

Rudi Miller se boodskap het gespreek van hartseer: “Ai dit is hartseer, Fredi se lirieke, mooi melodieë sal vir lank in ons harte voortleef! Fredi se lewe en sy menswees spreek van God se Liefde, Vrede, Genade en van ‘n vuur wat nog vir baie lank voort sal brand. ‘n Vuur wat brand tot heerlikheid van God se Grootheid en tot verheerliking van Sy Naam! Mag jou getuienis die vlammetjie in elkeen van ons harte laat ontvlam in ‘n vuur wat brand tot verheerliking van God se Grootheid! Ek salueer jou Fredi Nest, rus in vrede!”

Volgens die Facebookblad Fredi Nest gebede vir genesing, sal ‘n gedenkdiens vir Nest Donderdag, 9 Julie om 11:00 by die NG Gemeente Valeisig in Faerie Glen plaasvind.

Almal is welkom.

Lees ook:

Fredi Nest verloor stryd teen kanker

Bekende sanger in hospice opgeneem

Bekende Afrikaanse sanger se beroerte toe kanker

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Related Articles

Back to top button