Bekende sanger in hospice opgeneem

'n Bekende Afrikaanse sanger is in 'n hospice in Pretoria opgeneem. Geen redes is verstrek nie.

Die bekende Afrikaanse sanger Fredi Nest is Dinsdagmiddag in ‘n hospice in Pretoria opgeneem.

Familie-woordvoerder Bino Boshoff sê die rede vir sy opname en die ligging van die hospice is nie bekend gemaak nie.

“Ons bedank almal vir hul besorgheid, maar op dié stadium kan ons nie meer inligting verstrek nie.”

Rekord het in Mei berig dat Nest in Steve Biko akademiese hospitaal opgeneem is waar ‘n CT-skandering getoon het dat kanker na sy brein versprei het.

Hy het in September 2012 twee hartaanvalle kort na mekaar oorleef en ‘n derde aanval enkele dae later.

‘n Boodskap vandag op die Facebookblad Fredi Nest Gebede vir Genesing sê: “Daar word gevra mense moet asb familie en Fredi se privaatheid respekteer. Niemand behalwe familie word daar toegelaat nie. Die hospice vra ook dat mense hul protokol respekteer. Dit gaan goed met hom onder omstandighede. Hy is heel rustig en sonder pyn. Fredi en familie waardeer elke gebed en almal se omgee. Hou ASB aan bid. Dankie Fredi en familie.”

Lees ook:

Bekende Afrikaanse sanger se beroerte toe kanker

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button