Innibos 2015: Koorfees gaan met verskillende stemme uitblink

Wanneer plaaslike mense deel word van die koorgemeenskap gebeur daar gewoonlik iets uiters spesiaal wat die hartsnare sal roer.

Koor is soos ‘n gemeenskap van stemme wat bymekaarkom met een doel in gedagte, om met verrykende klanke iets groot te skep wat die mensdom kan geniet.

Wanneer plaaslike mense deel word van die koorgemeenskap gebeur daar gewoonlik iets uiters spesiaal wat die hartsnare sal roer.
Laevelders kan hulle op ‘n interessante koorfees voorberei wanneer die tweede Innibos Meridian Karino Koorfees tot 2 Julie sal plaasvind. Op 1 Julie om 18:00 word ‘n massakoorproduksie aangebied waar die koor ook saam met Brenden Ledwaba sal optree en ‘n duet saam met Burgerd en Zita doen.

Hierdie geleentheid en die kuns van koorsang bied ‘n platform vanwaar skole in die omgewing aan interaksie met vooraanstaande koorleiers blootgestel word.
Deelnemende kore het die geleentheid om deur die welbekende en bekroonde Micheal Barrett, direkteur van kore by die Universiteit van Pretoria, afgerig te word.

Die koorfees gaan ’n uur lange program wees wat deur Michael Barrett geredigeer en gedirigeer gaan word. Barret het ’n indrukwekkende CV wat hom as een van SA se bestes reken wat al internasionale toekenning vir sy werk ontvang het.

‘n Massakoor rondom 80 stemme van deelnemers van verskillende skole, aan die verskillende aktiwiteite van die week, sal in die koor sing.
Op 1 Julie gaan daar ’n talentsoektog vir skoolkinders aangebied word wat deur die Idols-finalis Brendan Ledwana beoordeel sal woord. Die wenners kan dan ’n studiebeurs van drie jaar se skoolgeld by Meridian Karino wen.

Die meesterklas gaan ook beoog om aan koorleiers nuwe opwindende vaardighede te leer om Laeveldse kore op nog ’n hoër standaard as ooit vantevore te kry.
Fokuspunte sluit ’n kykie na nuwe invalshoeke vir opwarming sowel as die belangrikheid van gebare in. Barrett gaan ook klem lê op die aanleer van tradisionele Afrika-musiek in die kooropset, wat juis iets is wat doeltreffend in Suid-Afrikaanse kore geïnkorporeer word.

Kaartjies vir die massakooropvoering op 1 Julie sal by Computicket beskikbaar wees.
Navrae: Carien Taute by 083-630-3607.

Bevestigde kore:
• Lydenburg Laerskool
• Lydenburg Hoërskool
• St Thomas (Witbank),
• Meridian Karino Foundation Phase,
• Curro Roodeplaat,
• Curro Academy Soshangowe,
• Curro Serengeti,
• Meridian Karino Senior Choir.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version