Ses Snare betower gehoor by Atterbury-teater

Die talentvolle Ses Snare het vanmiddag by die Atterbury Teater opgetree en gehore ontrent weggeblaas.

Die gewilde Ses Snare het vir die eerste keer in bykans twee jaar weer by die Atterbury-teater op 28 Junie met hul nuwe konsert Beste van Ses Snare opgetree.

Die Ses Snare het besluit om hul grootste treffers van die laaste ses jaar weer af te stof, maar het ook met ‘n hele paar nuwe liedjies vorendag gekom.

Die manne het besluit om met die nuwe program al hul musikale talente uit te stal – as solo-kitaarspelers, sangers en harmoniseerders, maar ook met die speel van heelparty ander instrumente as die kitare.

Op die program was heelwat treffers waarvoor hulle oorspronklik bekendgeraak het, soos die musiek van Dire Straits, The Eagles, The Beatles, Queen en ‘n paar liedjies uit hul onlangse Net Afrikaans-vertoning.

Ses Snare se nuutste CD Ses Snare Sing The Beatles asook hul DVD Ses Snare Live, was tydens die vertoning beskikbaar.

Die teater was ontrent vol en mens kon die opgewondenheid in die teater duidelik voel. Tien minute voor die vertoning begin het, het ‘n alarm afgegaan, en mense het vinnig-vinnig hul sitplekke ingeneem.

Pretorianers kan definitief nie wag vir die volgende Ses Snare vertoning nie.

Kyk na die gallery:

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button