Liane Heyl Dramaskool by Pierneef-teater

Kinders van die Liane Heyl Dramaskool het onlangs in die Pierneef-teater opgetree.

Die Pierneef-teater in Pretoria was onlangs volgepak tydens ’n interessante geleentheid.

’n Groepie aspirant-akteurs in opleiding by die veteraan-aktrise Liane Heyl, beter bekend by kykNET-kykers as Booboo van Vetkoekpaleis-faam, het met geesdrif opgetree. Kinders van Lynnwood tot Hartbeespoort neem dramaklasse by Liane Heyl se dramaskool.

Wat opvallend was en beindruk het, is die natuurlikheid waarmee die kinders op die verhoog opgetree het, hul goeie uitspraak en die oortuiging van spel.

Liane het veral die jong akteurs ontgin wat ’n aanvoeling vir ‘comic timing’ het.

Die jong akteurs het bewys dat Pretoria dalk nog ’n hele paar opspraakwekkende deurbrake in die teater- en filmbedryf kan maak.

Also read:

Teater nou meer toeganklik vir gehoorgestremdes

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button