Gesinspret by ‘Spookhuis’

Die noorde sal binnekort 'n spookhuis hê, net betyds vir die skoolvakansie.

Vir dié wat nie skrik vir koue pampoene nie is daar binnekort iets om na uit te sien by die Kolonnade Retail Park.

’n Spookhuis met ’n goeie doel begin op 26 Junie by dié winkelsentrum, en mense kan uitsien na lewensgetroue monsters, seerowers, ongediertes en spoke wat sal bangmaak.

Die Gehoor Instituut het hierdie spookhuis ingerig as deel van hul geldinsamelingsprojek vir kogleêre-inplantings.

Volgens Ninette de Wet, die brein agter die spookhuisprojek, word van verskeie borge gebruik gemaak om uitstallings te bou wat dan in die vorm van ‘n doolhof verken kan word.

“Die hoofdoel van hierdie projek is om geld in te samel vir kogleêre-inplantings vir drie kinders, om so hul lewens te verbeter,” het sy gesê.

Die spookhuis open op 26 Junie om 12.00 en sal tot 4 Julie tussen 10:00 en 19:30 oop wees. Kaartjies beloop R25 per persoon.

Vir meer inligting oor die spookhuis, kontak vir Ninette de Wet by 084 589 9788.

Lees ook:

Pups running for dinner, timelapse style

Wees kundig oor brande

Another chance for Curro school

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button