Innibos 2015: Gaan saam op reis met sy towerfluit

Sy vertoning by vanjaar se fees sal liedjies van hierdie album, asook talle van sy vorige werke wat ook wêreldwyd opslae gemaak het, insluit.

MBOMBELA – Met sy towerfluit lok hy alle musiekliefhebbers om hom op ‘n reis van liefde, vrede en verdraagsaamheid te vergesel. En, net soos die legende dit het, sal almal wat hom eers begin volg het, dit vir altyd doen.

Hy is Suid-Afrika se eie Wouter Kellerman, die bekroonde maestro wie se talent and kreatiwiteit met sy intrument geen perke ken nie – en hy is vanjaar by Innibos te sien.

Kellerman het vroeër vanjaar ‘n Grammy-toekenning vir sy jongste album, Winds of Samsara ingepalm. Die album is ‘n produk van sy samewerking met die Indo-Suid-Afrikaanse komponis, Ricky Kej.

Die wêreldbekende Wouter Kellerman se klassieke en kontemporêre style gaan Innibossers vanjaar trakteer.

“Om die Grammy te wen, was ‘n ongelooflike oomblik – werklik ‘n lewenslange droom wat bewaarheid is. Dit was selfs meer spesiaal omdat ek dit nie verwag het nie. Dit is ‘n pragtige ding om só deur jou eweknieë erken te word en ek is ewig dankbaar daarvoor.”

Die bekroonde Winds of Samsara praat met ‘n universele gehoor, lede van verskillende kulturele agtergronde. Die album se multi-kulturele vervaardigers is die bewys daarvan.

“Die album het Suid-Afrikaanse en Indiese ondertone en handel oor Nelson Mandela en Mahatma Ghandi se ideale van liefde, vrede en verdraagsaamheid. Hierdie temas reflekteer sterk in my eie oortuigings,” het hy aan Laevelder vertel. “Deur te raak aan verskillende kulture en oortuigings het ons probeer om goeie energie, bemoediging en verdraagsaamheid oor die wêreld te versprei.”

Sy vertoning by vanjaar se fees sal liedjies van hierdie album, asook talle van sy vorige werke wat ook wêreldwyd opslae gemaak het, insluit.

Die wêreldbekende Wouter Kellerman se klassieke en kontemporêre style gaan Innibossers vanjaar trakteer.

“Ek sien vreeslik baie daarna uit om weer in Mbombela op te tree! Ek het ‘n paar jaar gelede saam met Chris Chameleon daar gespeel. Ek het die vertoning baie geniet en op die Laeveld verlief geraak.”

Ná Innibos vertrek Kellerman op die eerste vliegtuig na Los Angeles om produksie aan sy heel jongste album

saam met die Grammy-bekroonde musiek-vervaardiger, Husky Hoskulds te begin.

Die wêreldbekende Wouter Kellerman se klassieke en kontemporêre style gaan Innibossers vanjaar trakteer.

“Ek sien ook uit daarna om later in die jaar regoor die wêreld op te tree, wat ‘n vertoning in die beroemde Carnegie Hall in New York in Oktober insluit.”

Kom geniet die klassieke en kontemporêre klanke van Wouter se fluit by die Musikale Kamers Vonkelontbyt. Dit word elke oggend van 1 tot 4 Julie om 10:00 by La Villa Vita Gastehuis aangebied. Kaartjies beloop R222 per persoon.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version