Gemeenskap kuier met akteurs by familie mark

Rolspelers in die film Hollywood in my huis vermaak Pretoria inwoners.

As deel van die bemarking van die nuwe film Hollywood in my huis, het verskeie akteurs and aktrises die publiek Saterdagmiddag by die Montana Familie Mark vermaak.

Lede van die rolverdeling het musiek gemaak en lede van die gemeenskap geleentheid gegee om saam met hulle afgeneem te word.

Die film word op 26 Junie vrygestel.

Dit handel oor’n jong meisie wat eendag vir Charlize Theron op televisie sien en dan onmiddelik besluit om iets van haar eie lewe te maak.

Volgens die skrywer en regiseur van die film, Cornè van Rooyen, gaan die storie ook oor ‘n liefdesdriehoek tussen die meisie, haar vriend en ‘n ander seun in wie sy romanties belang stel.

Die hoofspelers in die film is Christia Visser, Edwin van der Walt, Leandi du Randt en Vilje Maritz.

Lees ook:

Karnaval bied pret en lekker kos

Pretoria Noord het nou sy eie teater

Skokrolprent laat mense na sneesdoekies gryp

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button