Innibos 2015 gaan Deon Opperman vereer

Net die hoogtepunte van Deon Opperman se loopbaan dwing respek af wat byna 'n gewyde stilte verdien.

Net die hoogtepunte van Deon Opperman se loopbaan dwing respek af wat byna ‘n gewyde stilte verdien. Hierdie man is ‘n legende wat met sy veelsydigheid en sy gevoelsbenadering tot die vertelling van stories ‘n enorme bydrae tot die Afrikaanse kultuur gemaak het.

Innibos 2015 vereer Deon vanjaar vir sy bydrae tot die Afrikaanse taal en ons teaterwêreld.

Deon is ‘n dramaturg en regisseur wat jaar na jaar produksies en reekse opdis wat Suid Afrikaners, en veral Afrikaanssprekendes, roer.  Hy is ook  vervaardiger van onder meer musiekblyspele en televisiereekse, skrywer en mede-stigter van die filmakademie AFDA (South African School of Motion Picture Medium and Live Performance), uitvoerende-direkteur van Deon Opperman Produksies (Edms) Bpk en ander.

Hy het sedert 1982 meer as 60 tekste vir verhoog en televisie geskryf en ‘n rits pryse vir sy werk gewen.

Hou Vrydag se Laevelder dop vir meer.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button