Wen kaartjies om Seun by Nu Metro te sien

Moenie die kans misloop om hierdie nuwe Afrikaanse drama te gaan kyk nie.

Die bekroonde regisseur Darrel James Roodt se nuwe rolprent Seun word tans by Nu Metro-teaters in Menlyn en Key West vertoon – met Chris de Clerq, Elzette Maarschalk, Candice Weber en Deànré Reiners in die hoofrolle.

Dis die jaar 1981. Suid-Afrika is in chaos gedompel en jong skoolverlaters word gewerf vir diensplig om grensdiens te doen en weerstand te bied teen die ‘kommunistiese gevaar’. Paul is een van hierdie seuns.

Hy is die enigste seun van Johannes en Aletta, wat in die Karoo boer. Die ouers is trots op hul seun en sy ma is tipies ‘n moederhen wat om haar seun kloek – partykeer dalk te veel.

Die storie begin waar Paul terugkeer plaas toe vir die Desember-vakansie nadat hy gematrikuleer het. Die wete dat hy in die nuwe jaar sy diensplig moet begin, laat Paul besef dat hy elke oomblik van die vakansie moet geniet.

Paul is slim, aantreklik en ambisieus. Hy het drome om dokter te word en het altyd ‘n glinster in sy oë. Annemarie is die mooi dogter van die buurplaas, ‘n jaar jonger as Paul. Dié twee raak tydens die vakansie verlief. Dis ware liefde wat hulle vir altyd sal bybly. Te vinnig is die vakansie verby en Paul moet aanmeld vir diensplig.

Kort voor lank word hy opgeroep grens toe, waar hy beseer word en van die nek af verlam is. Paul keer weer terug plaas toe, waar sy reis begin om die stukkies op te tel en ons sien hoe die mense wat hom liefhet gekonfronteer word met Paul, wat nou permanent bedlêend is en hoe dit hul verhoudings raak.

Gaan na die Nu Metro Cinemas webblad vir meer inligting en om kaartjies te bespreek – numetro.co.za

KOMPETISIE: Nu Metro Cinemas en Rekord het ‘n dubbelkaartjie vir ‘n gelukkige leser om Seun te gaan kyk. Om in te skryf, SMS die woord SEUN en jou naam en van na 42282. Die kompetisie sluit Donderdag 18 Junie 2015 om middernag. SMS’e kos R 1.50. Gratis SMS’e geld nie.

Lees ook:

Is Jeremy Clarkson the highest paid taxi driver?

Angelina Jolie spotted at OR Tambo

Pretorianers maak skoonskip by Tempo-toekennings

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button