Ballade vir ‘n Enkeling binnekort op DVD

Die romantiese speurverhaal sal binnekort landwyd op DVD beskikbaar wees.

Ballade vir ’n Enkeling is ’n romantiese speurverhaal en laat die nostalgie uit die tagtigerjare weer opvlam en betrek dié keer ook ’n nuwe geslag. The Film Factory se gesoute rolprentspan het ’n nuwe baadjie vir die ikoniese TV-reeks aangetrek.

Die fliek het die grootskerm op 20 Maart getref en meer as R8 miljoen by die loket verdien.

Die geheimsinnigheid, gekoppel aan die liefdesverhaal, sal elkeen wat dit kyk van voor af betower.

Die storie en draaiboek is deur Leon van Nierop geskryf en vervaardig deur Danie Bester van The Film Factory met die bekroonde kinematograaf Tom Marais agter die kamera.

Bekende Suid-Afrikaanse akteurs is die fliek te sien, soos Donnalee Roberts, Rolanda Marais, Armand Aucamp en Jacques Bessenger, asook nuwelinge Christia Visser, Edwin Van Der Walt, Luan Jacobs en Miles Petzer.

Hierdie treffer-reeks het in 1987 TV-kykrekords laat spat met ’n storie wat nou weer vertel word. Hierdie keer onder leiding van die jong regisseur, Quentin Krog.

Ballade vir ’n Enkeling sal vanaf 26 Junie op DVD landwyd beskikbaar wees. Vir meer inligting oor hierdie rolprent, gaan na www.balladefilm.co.za.

KOMPETISIE: Vyf gelukkige lesers kan elk ’n Ballade vir ’n Enkeling-DVD wen. On in te skryf, SMS die woord ENKELING en jou naam en van na 42282. Die kompetisie sluit Donderdag 25 Junie 2015 om middernag. SMS’e kos R 1.50. Gratis SMS’e nie van toepassing.

Lees ook:

Is Jeremy Clarkson the highest paid taxi driver?

Angelina Jolie spotted at OR Tambo

Pretorianers maak skoonskip by Tempo-toekennings

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button