Pretorianers maak skoonskip by Tempo-toekennings

Rian wen 1, Bobby wen 3

Pretoria se bekende persoonlikhede het Dinsdagaand die een na die ander toekenning by die Huisgenoot-Tempo-toekenning by Emperor’s Palace ingeryg.

Rian van Heerden, Centurion se gladdebek, het vir die tweede keer met ‘n Tempo vir die gewildste radio-aanbieder weggestap. Hy het dié gesogte beeldjie ook verlede jaar huistoe geneem.

Hy het sterk kompetisie, onder andere van Jacaranda FM se Martin Bester, gehad.

Bester is vroeër vanjaar met ‘n MTN-radio-toekenning vereer.

Bobby van Jaarsveld, wat ook in Centurion bly, was die groot wenner van die aand toe hy met drie pryse (pop- of sokkiedansalbum van die jaar, liedjie van die jaar en musiekvideo van die jaar) huistoe is.

“Baie dankie vir elkeen wat gestem het. Ek is so dankbaar en besef dit is net genade, wens ek kan vir elkeen dankie sê,” het Van Jaarsveld op sy Facebook-blad geskryf.

Die gospelsanger, Danie Botha, wat in die ooste van Pretoria bly, is vereer vir Gospelalbum van die jaar.

Bok van Blerk het ‘n beeldjie vir akteur van die jaar gekry na sy vertolking as verliefde boer in Leading Lady.

Lees ook:

Skokrolprent laat mense na sneesdoekies gryp

PTA spog met meer as 15 Ghoema 2015 benoemdes

Prestasie tweede natuur

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button