Treurgrond oortref verwagtinge

Treurgrond verdien meer R700 000 tydens openingsnaweek.

Die omstrede rolprent oor plaasmoorde Treurgrond het die afgelope naweek R749 286 by die loket verdien.

Dit is vanaf Vrydag landwyd in rolprent-teaters te sien en vervaardiger Andre Fraunstein sê die terugvoer is “geweldig positief”.

Leoni Bridges, weduwee van die sanger Bles Bridges, skryf op die rolprent se Facebook-blad: “Ek het ook na Treurgrond gaan kyk… nog nooit in my hele lewe het ‘n fliek my so diep geraak nie… Uitstekende spel, Steve… Baie geluk.”

Heelwat gebruikers van sosiale media gebruikers ondersteun haar siening en beskryf Treurgrond “die fliek van die jaar”.

Sommige resensente beskou dit as “sensasioneel en eerder ‘n rolprent om oor te treur”.

Fraunstein sê hy is ingenome met die verdienste tot dusver.

“Die rolprent het ‘n ouderdomsbeperking van 16 en kan nie oor dieselfde kam as byvoorbeeld Pad na jou Hart geskeer word nie.”

Pad na jou Hart, die romantiese komedie waarin Ivan Botha en Donnalee Robberts die hoofrolle vertolk, het oor die R2 miljoen in sy openingnaweek verdien.

Fraunstein sê sowat 10 000 DVD’s is vooraf bestel.

Lees ook:

INTERNATIONAL NEWS: Bruce Jenner finally introduces Caitlyn

Groot nuus vir Karlien van Jaarsveld

Skouspel nie meer by Sun City

 

Related Articles

Back to top button