Wen kaartjies na spesiale vertoning van nuwe Afrikaanse drama

Die nuwe film 'Seun' is 'n moet-sien Afrikaanse drama.

‘n Splinternuwe Afrikaanse drama, ‘Seun’, sal eersdaags te sien wees by uitgesoekte fliekteaters.

Die film volg die verhaal van Paul, wat in 981, soos soveel ander skoolverlaters, gewerf word vir diensplig.

Paul is die enigste seun van Johannes en Aletta, wat boer in die Karoo. Sy ouers is trots op hom en sy ma is tipies ’n Moederhen wat kloek om haar seun (partykeer dalk te veel).

Die storie begin wanneer Paul terugkeer plaas toe vir die Desember-vakansie nadat hy gematrikuleer het. Die wete dat hy in die Nuwe Jaar sy diensplig moet begin, laat Paul besef dat hy elke oomblik van die vakansie moet laat geld.

Paul is slim, aantreklik en ambisieus, met drome van dokter word en ’n glinster in sy oë.

Annemarie, is die mooi dogter van die buurplaas, ’n jaar jonger as Paul en dié twee raak verlief oor die vakansie.

Te vinnig is die vakansie verby en Paul moet aanmeld vir diensplig, waarna hy kort voor lank opgeroep word grens toe en beseer word. Paul is van die nek af verlam.

Paul keer weer terug plaas toe, waar sy reis begin om die stukkies op te tel en ons sien hoe die mense wat hom liefhet gekonfronteer word met Paul, wat nou permanent bedlêend is en hoe dit hul verhoudings affekteer.

‘n Spesiale vertoning van dié moet-kyk film sal Donderdag 11 Junie by Menlyn gehou, terwyl die film amptelik 12 Junie uitgereik word.

KOMPETISIE: Staan die kans om dubbel kaartjies te wen na die spesiale vertoning van ‘Seun’ 11 Junie by Menlyn te gaan kyk. SMS die woord SEUN en jou naam en van na 42282. Die kompetisie sluit Dinsdag 9 Junie 2015 om middernag. SMS’e kos R 1.50. Gratis SMS’e nie van toepassing.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Related Articles

Back to top button