Moedersdag met Gershwin songbook

'The piano man extraordinaire', Charl Du Plessis by die Atterbury Teater.

Trakteer jou ma dié Moedersdag met ‘n gesofistikeerde bederf eerder as die gewone sjokolade en blomme.

Charl du Plessis, ook bekend as ‘the piano man extraordinaire’ is hierdie naweek by die Atterbury Teater met sy bekroonde musiekproduksie Gershwin songbook te sien. Die produksie is onlangs tydens die Vryfees as beste debuutproduksie aangewys en val saam met die bekendstelling van Du Plessis se spinternuwe album, ook getiteld Gershwin songbook.

Maak Moedersdag ‘n onvergeetlike musikale bederfdag met die musiek van George Gershwin soos uitgevoer deur Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (kontrabas), Hugo Radyn (tromme) and Musanete (stem).

Aanhangers van klassieke musiek en jazz sal meegevoer word deur Charl du Plessis se oorspronklike weergawe van Rhapsody in blue wat onlangs vir die eerste keer in hierdie format en verwerking opgeneem is. Die resultaat is Du Plessis se sewende album, Gershwin songbook en sal tydens hierdie uitvoering bekendgestel word.

Van Gershwin se mees geliefde liedere is ingesluit, soos S’Wonderful, Summertime en The Man I Love. Dit word uitgevoer met die stylvolle en sensitiewe interpretasie van hierdie gesogte trio. Die vokale talent van Musanete verleen aan die musiek ‘n elegante en eerlike vertolking van die liedere wat Gershwin wêreldberoemd gemaak het.

Besprekings vir Gershwin songbook kan deur Computicket gedoen word.

KOMPETISIE: Vir jou kans om een van twee dubbelkaartjies na hierdie spesiale vertoning te wen, SMS die woord GERSHWIN en jou naam en van na 42282. Elke wenner sal ook ‘n Gershwin songbook CD ontvang.

Die kompetisie sluit Vrydag 8 Mei om 12:00 namiddag. ‘n SMS kos R1.50. Gratis SMS’e is nie van toepassing nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button