Steve bekoor aanhangers by Atterbury-teater

Steve Hofmeyr het onlangs by die Atterbury-teater opgetree.

Opgewonde aanhangers van Steve Hofmeyr was Vrydagaand in vervoering oor sy Toeka 3-vertoning by die Atterbury-teater.

Beskryf as opgewek en pret, is Toeka 3 ‘n samevatting van opgewekte treffers soos Hak hom Bokkies, tot die kontroversiële Die Stem.

Steve, wat nog altyd een van die gunsteling sangers van die land was, se vertoning was weer deur talle mense bygewoon wat hom gereeld op die verhoog gaan sien.

Kobie Steyn, wat al vir jare ‘n aanhanger van dié sanger is, was baie opgewonde om hom weer op die verhoog te sien, terwyl die jong Etienne Badenhorst hierdie held van hom vir die eerste keer op die verhoog te sien gekry het.

“Hierdie is sy inwyding tot kultuur”, het Etienne se pa, Kasper gesê.

“Ek is baie opgewonde, want ek het nog nooit voorheen enigeen op ’n verhoog sien optree nie,” het Etienne gesê.

Toeka 3 is beskikbaar by musiekwinkels regoor die land.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.

Exit mobile version