Pieter Smith en sy “Yollas” raak verloof

Niemand het ooit gedink die sanger Pieter Smith sou van sy kanselvrees ontslae raak en aan sy meisie van die afgelope twaalf jaar verloof raak nie.

Pretoria-Oos sanger Pieter Smith en sy meisie van die afgelope twaalf jaar, Yolandi Stofberg, het Donderdagaand aan boord van ‘n luukse passasierskip, die Opera, verloof geraak.

Sy vriende het almal ‘n sug van verligting geslaak na jare wat hulle gevrees het die geswore oujongkêrel sou nooit voor die kansel staan nie.

Yollas, soos Smith na sy meisie verwys, het nog minder gedink Smith sou ooit van sy kanselvrees ontslae raak.

Smith, wat in Elarduspark bly, het Maandagoggend ekslusief aan Rekord gesê dat dit “hoog tyd was om verloof te raak.”

“Ek het het al vier maande gelede die ring gekoop, maar het vir die regte oomblik gewag om dit aan Yolandi se vinger te sit.”

Die regte oomblik het opgeduik toe Smith as deel van Lefra Produksies en Radio Sonder Grense (RSG) se tweede Oppiwater Kunstefees aan boord van Die Opera, opgetree het.

Dit was tydens die laaste aand van hulle vaart toe hy vir Stofberg gevra het om sy wasgoed van die balkon van hul kajuit af te gaan haal, waar ‘n bottel sjampanje, ‘n uitsig oor die see en ‘n man op sy knieë vir haar gewag het. Die sanger Pietman die Skot (Pieter Mitchell) het sy liedjie “Aan jou lippe hang” as serenade aan hulle gesing. “Sy het dadelik ja gesê,” het Smith gelag.

Die twee is nie van plan om vir nog twaalf jaar verloof te wees nie. Hulle wil nog in die jaar by die Muisbosskerm, net buite Lambertsbaai, aan die Kaapse weskus trou.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button