Wen kaartjies na die premiere van Strikdas

Wen kaartjies om Strikdas te gaan kyk!

As jy eenvoudig net nie meer kan wag om die nuutste Afrikaanse rolprent, Strikdas, eersdaags in teaters te sien draai nie is dié jou kans. Dié splinternuwe komedie, ideaal vir die hele gesin, word 19 Maart by Ster Kinekor teaters in Brooklyn Mall bekendgestel en ‘n groep uitgesoekte gaste sal die geleentheid kry om met die akteurs skouers te skuur. Leandie du Randt, Gys de Villiers, Kaz McFadden en Elsabe Daneel is almal in dié rolprent te sien en aanhangers sal die geleentheid kry om saam met hul gunsteling akteurs foto’s te neem.

Don ‘Vossie’ Vorster (Kaz McFadden), ‘n bleeksiel met ‘n goeie hart, kry ‘n ietwat snaakse geskenk van sy pa wanneer hy die huis verlaat om in Stellebosch te gaan studeer. ‘n Familie erfstuk, ‘n strikdas wat al vir geslagte aan die oudste seun van die Vorster-gesin oorhandig word, net nadat hulle matriek geskryf het. Daar word geglo dat dié strikdas die Vorster-mans die moed gee om hul lewens ten volle te leef.

Gewapen met sy strikdas pak Vossie dan ook sy nuwe lewe as student aan en is reg om die meisie van sy drome te ontmoet.

Dan is daar Willemien (Leandie du Randt), ‘n ryksmanskind van die suksesvolle Vrede en Lust-wynplaas. Haar pa, Herman (Gys de Villiers), vertel haar oor al die dinge wat sy as nuwe student moet en nie moet doen nie en natuurlik ook watter soort man sy moet huis toe bring.

Die twee studente se paaie kruis en Willemien neem Vossie huis toe om ‘n punt aan haar ouers te bewys. Wat volg sal kykers laat skaterlag en die rolprent is beslis ‘n moet kyk.

Twee gelukkige Rekord-lesers staan elk die kans om dubbelkaartjies na die Ster Kinekor premiere van Strikdas by die Brooklyn Mall op 19 Maart te wen. SMS die woord STRIKDAS en jou naam en van na 42822. Kompetisie sluit Woensdag 18 Maart om 12:00. SMS’e kos R1.50. Gratis SMS’e nie van toepassing.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook, Instagram en Twitter blaaie.

Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button