Wen kaartjies om Kurt Darren by die Carousel te sien

Kurt Darren tree eersdaags by die Carousel op tydens ‘n spesiale konsert.

Rekord-lesers staan ’n kans om kaartjies te wen vir die bekendstelling van Kurt Darren se jongste album, Lied vir die Vrou. Vyf dubbelkaartjies is in die spel om hierdie spesiale konsert by die Carousel by te woon.

Lied vir die Vrou bestaan uit 14 snitte, elk met sy eie styl. Van voet-tik sokkie-treffers tot rustige, onspanne liedjies.

Treffers soos Cowboys & Crooks, Dans op die tafels, Saggies praat, Laat die poppe dans en nog vele meer is te luister op hierdie album.

Kurt Darren sal Vrydag, 27 Maart op die verhoog te sien wees by die Carousel se uiters gewilde Cheyenne Saloon.

Deure open 19:00 en die vertoning begin 21:00.

Kaartjies kos R50 per persoon en is beskikbaar by Computicket of by die konsert.

KOMPETISIE: Vir jou kans om een van vyf dubbelkaartjies na hierdie spesiale vertoning te wen, SMS die woord LIED en jou naam en van na 42282.

Die kompetisie sluit Woensdag 25 Maart om middernag. ’n SMS kos R1.50. Gratis SMS’e nie van toepassing.

Related Articles

Back to top button